Tuesday 15 April 2014

Paasbolletjiebroodpoeding



Paasbolletjiebroodpoeding

 6 porsies

6 Paasbolletjies, horisontaal deurgesny
genoeg botter vir smeer
187 ml (¾ k) strooisuiker
5 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) volroommelk
250 ml (1 k) room
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
1 ml sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
 Stel oond op 180 °C.
1 Smeer elke deurgesnyde paasbolletjies dik met botter.
2 Sprinkel strooisuiker op gesmeerde onderkante.
3 Sit onderkante in gesmeerde oondbak van ongeveer 16 cm x 24 cm.
4 Klits eiers en melk en roer room, kaneel, sout en vanielje by.
5 Giet melkmengsel stadig bo-oor paasbolletjies.
6 Plaas oondvaste bak in oondpan. Vul oondpan half met water.
7 Bak vir 40 minute of tot gestol in middel. Dit mag nodig wees om ná 25 minute nagereg met foelie toe te maak sodat dit nie te bruin bo-op raak nie.
8 Sit warm saam met vla voor.