Friday 25 April 2014

Ontbytpan



Ontbytpan

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20-30 minute

40 g botter
1 ui
1 knoffelhuisie
300 g maalvleis
1 blik (410 g) gekapte tamaties
sout en vars gemaalde swartpeper
5 ml (1 t) sagte bruinsuiker
15 ml (1 e) worcestersous
250 g klein bruinsampioene
6 varkworsies
6 eiers
gerasperde kaas, roosterbrood en vars roketblare vir voorsit (opsioneel)
Verhit die helfte van die botter in ’n groot vuurvaste pan. Kap die ui en knoffel grof en braai dit saam met die maalvleis tot gaar.
Roer die tamaties, sout, peper, suiker en worcestersous by die maalvleis en laat 10 minute prut. Skep uit en hou eenkant.
Verhit die res van die botter in dieselfde pan en braai die sampioene en varkworsies
oor lae hitte tot gaar.
Skep die maalvleismengsel terug in die pan en maak 6 openinge met jou houtlepel vir die eiers.
Breek die eiers oop en glip ’n eier in elke opening. Plaas ’n deksel op en stoom die eiers tot gaar.
Sit voor saam met roosterbrood, gerasperde kaas en vars roketblare indien verkies.