Friday, 4 April 2014

Omelette met Gerookte Forel



Geure uit die Vallei bied gasheer en bekroonde meesterkok, Chris Smit


Omelette met Gerookte Forel
1T Olyfolie
3 Eiers, geklits
80gr. Gerookte Forel, gevlok
Sout en Peper na smaak
Engelse Mostert of Roomkaas, opsioneel

Verhit n klein pannetjie oor meduim hitte tot warm, voeg Olyfolie by. Sodra die olie warm is gooi die geklitse eier by.  Die sout en peper kan nou bygevoeg word.

Roer met n eierspaan van buite af binne toe. Beweeg die pan rond sodat die ongekookte eier die bodem van die pan weer bedek.

Sprinkel die Forelvlokkies oor die Omelette, verlaag die hitte en plaas n deksel op vir 30 sekondes tot die eier net gaar is.

Vou die omelette versigtig oor met n eierspaan en plaas op ‘n bord.

Bedien met die mosterd of roomkaas.