Wednesday 16 April 2014

Lekker Souttert (3 idees)



Anette Nel Thirion baie maklik en vinnig en baie lekker en kan in oond of mocrogolf gemaak word tuna souttert, 1 hele brood,korsies verwyder en krummel dit ,250 ml melk,12,5 ml margarien,250 ml uie grof gerasper,200gr cheddar kaas grasper,1 blik tuna,die gevloktes in water,3 eiers geklits,
bietjie tamatiesous as verkies, fondor of aromat of sout na smaak en as wil n klein bietjie rooi peper. week brood in melk en meng met ander bestandele,gooi in oondbak en bak vi 40 min by 180grade .as tert wil vergroot vat meer melk brood en tuna en margarien en kan ertjies ook byvoeg.tuna kan ook vervang word met hoender mayonaise,geniet


Isebel King

Die maklikste en lekkerste ooit. Gebruik winkel skilverkors of shortcrust. Sny deeg en "voer bak". plaas vulsel bo op bv feta en spinasie/ bacon en ceddar/ gebraaide uie/ sundried tomato en olywe ( wat ook al jy voor lus is of in huis het). Meng 250 ml room en 4 tot 6 eiers. Gooi oor. Bak teen 180 grade vir ongeveer half uur tot gestol. Vreet jou vingers af


Hannes van Wyk se Souttert (7de laan)

Bestanddele
500g spek
640 g weense worsies
500g gerasperde kaas
2 eetlepels gekapte pietersielie
6 eetlepels meelblom
6 teelepels mostert
sout en peper na gelang
2 koppies melk
2 eiers

Metode

Snipper spek en worsies. Voeg kaas en pietersielie by.

Meng meel en mostert en gooi klein bietjie van jou melk

by sodat dit ‘n pasta maak. Gooi dan res van die melk by.

Sout en peper na gelang. Klits die eiers en voeg by

melkmengsel. Meng met die res van die bestanddele.

Bak vir 30 minute teen 180°C.