Thursday, 3 April 2014

Lam skenkels met kwepers, granaat en koljander




Hierdie het behoorlik my mond laat water:
Lam skenkels met kwepers, granaat en koljander
Hierdie heelike wintersdis is vir ons gemaak tydens ‘n kuier by Stanford se Madre’s Kitchen restaurant.
...
1 kg lam skenkels, gesny
4 uie, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
1 rooi chillie, gekap
5 e gerasperde vars gemmer
10 kardamon peule
2 t all spice
60 g vars koljander, gekap
4 kwepers, gekap
1 lemoen se sap
4 e granaat molasses
3 k hoenderaftreksel
1 granaat se pitte
Maak ‘n bietjie olie warm en braai die skenkels tot bruin. Skep uit en braai dan die uie tot liggoud. Voeg die knoffel, chillie, gemmer, kardamon en all spice by die uie en soteer vir een minuut. Skep die vleis in ‘n oondvaste bak, asook die uie mengsel en res van die bestanddele – behalwe die granaatpitte. Plaas deksel op of bedek met foelie. Bak by 180°C vir ongeveer 2 ure. Bedien met romerige kappokaartappels.