Wednesday, 2 April 2014
Koringvrye saad-en-neutbrood
Koringvrye saad-en-neutbrood
Maak: 1 brood
Bereidingstyd: 20 minute
Baktyd: 50-55 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
• 125 ml rou amandels
• 375 ml bruinrysmeel
• 20 ml bakpoeier
• 15 ml papawersaad
• 15 ml lynsaad
• 125 ml gewone jogurt
• 1 groot eier
• 1 groot eierwit
• 30 ml sonneblomolie
1 Sit die amandels saam met 125 ml van die bruinrysmeel in ’n voedselverwerker en meng dit totdat dit fyn is. Voeg die res van die rysmeel, bakpoeier, papawer- en lynsade en 2 ml sout by.
2 Meng die jogurt, eier, eierwit en sonneblomolie in ’n aparte bak met 125 ml water.
3 Gooi die nat bestanddele by die droë bestanddele in die voedselverwerker terwyl dit stadig loop. Meng tot alles net gemeng is.
4 Sit die deeg in ’n gesmeerde en gevoerde broodpan. Bak dit tot die bokant goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom.
(Idees)