Thursday, 3 April 2014

Karringmelk Hoender





Karringmelk Hoender
Bestanddele:
4 groot hoenderborsies, effens platter gekap
sout en peper...
250 ml (1 k) karringmelk
250 ml (1 k) meel
15 ml (1 e) soet paprika

15 ml (1 e) gemengde kruie
olie vir vlakbraai
Metode:
Geur die hoender met sout en peper en plaas in die karringmelk.
Meng die meel, paprika en kruie en geur met sout en peper.
Verwyder die borsies uit die karringmelk en rol in die meel.
Vlakbraai in ’n bietjie verhitte olie tot goudbruin en gaar. Sit dadelik voor saam met slaai en suurlemoenwiggies.
*KvK*
Dankie aan : Huisgenoot Tydskrif