Tuesday 15 April 2014

Hoenderpastei met papkors




Hoenderpastei met papkors
VULSEL
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olie...
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk


4-6 gaar hoenderfilette, gepluis
1 blik (410 g) gekapte tamaties
45 ml (3 e) blatjang
5 ml (1 t) gedroogde origanum
sout en peper
KORS
250 ml (1 k) mieliemeel
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
1.Vulsel Verhit botter en olie en braai uie en knoffel. Voeg res van bestanddele by en roerbraai. Geur met sout en peper. Skep in ’n bak.
2.Kors Berei mieliepap volgens aanwysings op die pak. Meng die pitmielies deur.
3.Skep op die vulsel en sit voor


Jocelyn Fordred:   Dalk net idee vir die papkors. Meng enige geur pesto by. Ej het dit verlede week gedoen in kos kompetisie waar ek pap met basil pesto gemeng het. Dit was 'n wenner by die judges.