Tuesday 15 April 2014

Hamburger Patties




Hannetjie Niewenhuizen Keet
 
Hahaaa...julle wonder seker wat het die 'bun', die 'mini' pan en groot pan in gemeen? Jare terug het ek n Tupper pattie maker gehad. Was nie lus om te sukkel nie en het dit sommer met die hand gevorm. So kry ek lus vir n 'mooi' hamburger.

Maak jou pattie mengsel:
Resep lewer 8 patties
1 kg maalvleis
3 eiers
1 ui gerasper
I tamatie, geskil en gerasper
3 snye brood - ek vorm n bol en rasper dit ook
Sout/peper
Maalvleisspesserye
Gemengde kruie
Meng als goed. Vul mini pannetjie. Skud uit en pak op plastiek. Bak soos verkies. Of in pan bo-op stood of pak in oondpan met vlak olive. Bak tot gaar. Maak genoeg en vries.