Thursday 24 April 2014

Gevulde Fillet




Gevulde Fillet

Hierdie resep is vir ons op ‘n plaas in Prieska se wêreld gemaak deur boervrou, Rina Coetzee.

2 rooi uie, gekap
½ t gekapte knoffel (optioneel)
2 k gekapte sampioene
1 blikkie gerookte mossels
½ k gekapte pistachio neute
1 heel bees fillet

Braai die uie tot sag en voeg dan die knoffel en sampioene by. Braai tot sag en geurig, maar nie te waterig nie. Net voor jy van stoof afhaal voeg die mossels en neute by.
Sny die fillet in die lengte om ‘n gaping te maak. Skep die vulsel in en werk toe met ‘n naald en gare.