Friday 11 April 2014

Ertjie-en-ham-sop



Ertjie-en-ham-sop

Maak die varkvleis saam met die ertjies gaar om ekstra geur te verskaf

Bestanddele
1 e olie
1 ui, fyngekap
750 g gevriesde ertjies
1 liter hoenderaftreksel
2 x 200 g ongerookte varksteaks, vet verwyder
1 e gekapte, vars grasuie, plus ekstra vir garnering
4 t laevetroom
Aanwysings
 
Verhit olie in ’n groot pot en braai die uie vir 10 minute of tot dit sag is, maar nie verkleur het nie.
 
Roer die ertjies en hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Voeg vleis by en laat vir 5 minute prut of tot deurgaar.
 
Skep die vleis uit en sit eenkant. Pols sop tot dit heeltemal glad is (doen dit in sarsies, indien nodig). Skeur vleis intussen in repies en gooi alle vet weg.
 
Skep sop terug in die pot en verhit weer. Voeg vleis en grasuie by en geur goed. Verdeel in vier warm sopbakkies en garneer met room, ekstra grasuie en varsgemaalde swartpeper. Bedien saam met ciabatta-brood.