Friday 28 March 2014

Wat maak ons nou ?

Earth Hour on Saturday March 29 from 20:30-21:30
So wat doen ons in hierdie uur?
Gebruik die kans om bietjie tyd met jou kinders of selfs diere kinders te spandeer.  1 Uur sonder TV is regtig nie die ergste ding in die wereld nie, inteendeel dis eintlik pure plesier.
In daardie uur sit ons al die ligte af en steek 'n paar kerse aan.  Die TV en elektriese oorbodige toerusting word als afgesit en ons speel bordspeletjies. 
Wanneer anders maak jy ooit tyd vir so iets?
Probeer dit hierdie jaar - dis regtig pret en baie spesiale "memories" word in hierdie tyd geskep terwyl jy jou kinders leer dat ons ook omgee vir ons aarde.  Sy is al een wat ons het....