Friday 14 March 2014

PYNAPPEL CREMORA TERT


PYNAPPEL CREMORA TERT

500 g cremora
250 ml kookwater
2 x 397 g kondensmelk - verkoel oornag in yskas
250 ml suurlemoensap
12 tennisbeskuitjies
410 g blik fyngemaakte pynappels

Los die cremora in die kookwater op en verkoel vir 1 uur in die yskas - dit MOET YSKOUD wees.
Roer die kondensmelk by en klits tot styf.
Klits die suurlemoensap geleidelik by en roer die fyn pynappel deur.
Pak beskuitjies in ‘n plat reghoekige tertbord en gooi die mengsel bo oor
Plaas in die yskas tot stewig en versier met room indien verkies.