Tuesday 11 March 2014

Ontbyt Gevulde Broodjie




Lourens de Lange
Jy benodig
1 Gekoopte klaar gemaakte deeg
Vulsel
• 1 beesworsie, gaargemaak
• 3 repies spek, gebraai...
• 1 sampioen, in repies gesny en gebraai
• ’n halwe ui, in skywe gesny en gebraai
• 2 hardgekookte eiers - Skywe gesny
• ’n hand vol gerasperde kaas

Só maak jy
• Maak die vusel
• Voorverhit die oond tot 180° C.
• Verdeel die deeg in twee en rol elkeen met jou hande in ’n silindervorm.
• Druk dan die rolle deeg met jou hande platter totdat jy twee dik, reghoekige stukke die grootte van ’n vatlappie het.
• Verdeel die vulsel in twee en pak alles behalwe die kaas bo-op die twee stukke deeg.
• Vou dit toe en strooi die kaas bo-oor.
• Laat die twee broodjies uitrys en bak hulle dan tot ligbruin. (+- 45min)
• Laat die brode afkoel, draai dit toe in waspapier en pak dit in.