Thursday 20 March 2014

Naweekprojek - min onderhoud daarna

As die grassny jou begin onder kry of die stof staan al oor die sand in jou tuin as die wind waai, pak gou hierdie naweek hierdie projek aan.  Dis maklik en vinnig.
Maak die area gelyk, bedek met plastiek of onkruidweerder materiaal, strooi klipgruis bo-oor en rond af met stapblokke en 'n paar mooi struike rondom. 
Dis so maklik en vinnig jy kan 'n pragtige tuin in 'n Saterdag middag he sonder dat jy 'n kenner hoef te wees.