Thursday 13 March 2014

KOEKSISTERS




Zelda Geldenhuys Griessel

KOEKSISTERS
(ELSIE SLABBERT)

My resep....
Stroop:
16 K suiker
2 K water
3 k lemoensap. Vars uitgedruk of gevriesde sap.
(Wanneer ek baie lemoene het druk ek die sap uit en vries in 250 ml hoeveelhede
en haal uit soos benodig.)
1/4 K suurlemoensap
1/2 T kremetart
Gerasperde skil van 2 lemoene
Roer tot suiker opgelos het en kook net 3 min op hoog
Moenie roer sodra stroop kook nie anders word dit dof, en moenie langer
kook nie anders gaan jy 'n taai bol stroop hê. Verkoel oornag in yskas.

Deeg:
5 K meel
10 T bakpoeier
125 gr margarien
2 eiers
knypie sout
plus minus 3/4 K water
Olie om in te bak.
Vryf margarien in meel
Gooi bakpoeier en sout by
Klits eiers en water saam
Knie deeg goed
Die deeg moet nie te styf wees nie.
Rol deeg uit op olie gesmeerde oppervlakte en vleg
Gooi klam lap oor koeksisters dat deeg nie uitdroog nie.
Bak op meduim hitte in olie tot Heuningbruin.
Dompel dadelik in koue stroop.Haal uit plaas op draadrakkie met kleinkoekie pan onder en laat stroop afloop.
Vries goed.