Thursday 20 March 2014

Kerriehoenderpizza




Kerriehoenderpizza
500 g winkelbrooddeeg

SOUS
 250 ml (1 k) mayonnaise
 20 ml (4 t) kerriepoeier

PIZZA
 4-6 hoenderborsies, gaar en gepluis
 250 ml (1 k) gerasperde mozzarellakaas

Voorverhit die oond tot 200 °C.
1.Verdeel die deeg in 4 en rol dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
2.Pak op voorbereide bakplate en bak 5 minute.
3.Sous Meng die bestanddele.
4.Pizza Meng die sous deur die hoender.
5.Verdeel die kaas tussen die pizzas, gevolg deur die hoendermengsel.
6.Bak 3-5 minute tot die kaas gesmelt is.
Sit voor saam met vars kruie.