Monday 17 March 2014

Idees vir gesonde toebroodjies




Idees vir gesonde toebroodjies

Hier is ’n paar voorstelle:
In plaas van witbrood of wit rolletjies, kies: ...
•Lae-GI bruinbrood
•Rogbrood


•Pompernikkelbrood
•Donker gesondheidsbroodjie of rolletjie met sade

In plaas van volvet-margarien of botter, kies:
•Laevet margarien
•Vetvrye of laevet maaskaas
•Fyngedrukte avokado
•Onversoete grondboontjiebotter gemeng met maaskaas

In plaas van vetterige en suikerbelaaide vulsel, kies:
•Dungesnyde komkommer en tamatie
•Laevetkaas, soos mozzarella en Edam
•Krummelrige maaskaas en tuna
•Maer koue vleis, soos ham, hoender en kalkoen
•Gesnipperde gerookte hoender met ’n bietjie mayonnaise wat min olie bevat en slaaiblare
•Dungesnyde, hardgekookte eier

(Huisgenoot)