Wednesday 19 March 2014

Ham-plaatkoekies



Ham-Plaatkoekies

6 aartappels, geskil en gaar gekook
45 ml (3 e) koekmeel
1 eier
125 g ham, in blokkies gesny
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
250 ml (1 k) growwe broodkrummels
60 ml (¼ k) mielieblom
olie
sout en peper
  1. Meng alles buiten die mielieblom en olie en geur met sout en peper.
  2. Stuif jou hande met die mielieblom, neem 60 ml (¼ k) van die mengsel op ’n slag en vorm koekies.
  3. Verhit genoeg olie vir vlakbraai en braai tot goudbruin aan albei kante.
  4. Dreineer op kombuispapier.
  5. Sit voor met gekapte tamatie-en-komkommerslaai