Wednesday 19 March 2014

'Gesnyde’ kaas-en-hambroodjie




'Gesnyde’ kaas-en-hambroodjie
Maak: 1 brood
Bereidingstyd: 40 minute, plus rystyd
Baktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 200 °C

• 680 g (1 250 ml) witbroodmeel
• 7 g kitsgis
• omtrent 430 ml warm water
• 400 ml gerasperde cheddar
• 4 sprietuie, gesny
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 5 ml droë Italiaanse kruie
• 100 g gesnyde ham, in stukkies gesny
• 60 ml gesmelte botter
• gerookte soutvlokkies

1 Meng die meel, gis en 15 ml sout in ’n groot bak en maak ’n holte in die middel. Voeg die warm water by en roer die droë bestanddele van die kante af in. Voeg genoeg water by om ’n ferm maar kniebare deeg te vorm.
2 Knie die deeg vir 10 minute met die hand of in ’n voedselverwerker met ’n deeghaak. Bedek dit en laat dit op ’n warm plek rys tot dit in volume verdubbel het.
3 Rol die deeg omtrent 1 cm dik uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en gebruik ’n groot skondrukker om sirkels uit die deeg te sny.
4 Meng die kaas, uie, knoffel, kruie en ham. Verf elke deegsirkel met gesmelte botter en sprinkel van die gerookte soutvlokkies en die kaasmengsel bo-oor. Druk dit vas.
5 Smeer en voer ’n broodpan en hou dit regop terwyl jy die sirkels deeg daarin stapel. Sit dit eenkant om weer te rys vir omtrent ’n uur.
6 Bak die brood vir 10 minute in die verhitte oond, verlaag die temperatuur tot 180 °C en bak dit dan vir nog 20 minute tot dit gaar is. Keer die brood uit en sit dit heel voor sodat die gaste hul eie sny kan aftrek. Geniet dit net so of met ’n bietjie ekstra botter.