Sunday 23 March 2014

Broskorsdeeg



Broskorsdeeg

200g koekmeelblom
knippie sout
100g botter
50ml yswater

Sif die koekmeel en sout in 'n verkilde mengbak. Vryf die botter by die meelmengsel in. Voeg yswater in die meel en bottermengsel totdat dit deeg vorm. Bedek die mengbak met kleefplastiek en sit 30 minute in die yskas.


 *Wanneer deeg te hard is:
Te min botter is in die deeg gesit
Die botter is nie genoeg ingevryf nie
Die deeg is te veel hanteer en te veel gerol
Die deeg was te lank gebak


 *Wanneer deeg sag en krummelrig is:
Te min water is by die deeg gevoeg
Te veel botter is by die deeg gevoeg


 *Wanneer die deeg bars
Te min water is by die deeg gevoeg
Water is onegalig by die deeg gevoeg
Botter is onegalig in die deeg ingevryf