Wednesday 12 March 2014

Andriëtte se Sewe Minute Mikrogolf Sjokoladekoek





Andriëtte se Sewe Minute Mikrogolfoond
Sjokoladekoek

Bestanddele

1k koekmeel
1k suiker
3e kakao
1k lou water
1t vanilla

4 t bakpoeier
1/4 t sout
2 eiers
1/4 k olie


Metode

1. Sif meel ,sout, kakao, suiker en bakpoeier saam.

2. Meng geklitsde eiers met lou water en olie en voeg
vanielje by.

3. Voeg droë bestanddele en eiermengsel bymekaar
en meng goed saam.

4. Gooi in ‘n gesmeerde bak en bak vir 7min op hoog
in mikrogolfoond.

5. Los vir 1 minuut daarna in die mikrogolf voor jy dit
oopmaak.

6. Haal uit, laat dit goed afkoel en dop uit die bak uit.