Monday 17 February 2014

vetkoek poffertjies




 
Lus vir 'n Vinnige maar lekker vetkoek poffertjies?

2 koppies koekmeel
4 tlepels bakpoeier
½ teelepel sout...
3 teelepels botter
1 koppie melk
ongeveer 2 koppies olie om mee te bak

1. Sif die droë bestanddele saam.
2. Vryf die botter daarin en maak die deeg met melk aan.
3. Verhit olie. Skep ‘n stukkie deeg in, as dit stadig mooi bruin bak is die olie gereed.

Onthou om die olie bietjie laer te draai want die vetkoek bak 5- 10 minute om gaar te word.
Gebruik 2 eetlepels om die deeg in die olie te skep. Voor elke skep doop jy die lepels in die olie.
Dreineer en geniet met gouestroop, appelkooskonfyt, kaas of marmite.
Dit is heerlik en vinnig om vir ontbyt te maak.
Ek gebruik ‘n teelepel om kleintjies te maak vir vingerhappies en dit bak gouer gaar.

*sit saam botter, kaas, stroop , konfyt en marmite saam voor.
 
Boerekos Kookengeniet