Tuesday, 18 February 2014
broodrolletjie resep wat met potato bake
Yvonne Pelster
Jy benodig
basiese brooddeeg
1 koppie melk
1 koppie room
1 pakkie Potato Bake-poeier (die geur van jou keuse)
gerasperde kaas
Goed geklits. Meng die melk, room en Potato Bake-poeier. Gooi die helfte daarvan in ’n oondbak.
Rol die broodjies. Vorm nou brooddeeg wat die eerste keer klaar gerys het, in bolletjies en pak dit langs mekaar in die oondbak bo-op die vloeistof. Wees versigtig om die bolletjies deeg nie te groot te maak nie, angesien hulle weer gaan rys.
En nou die kaas. Gooi nou die oorblywende vloeistof oor en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Laat dit vir ’n halfuur of so staan totdat dit gerys het en bak dit dan in ’n oond van 180°C tot goudbruin en gaar sonder die deksel.
Yvonne Pelster
500 g witbroodmeel
5 ml (1 t) suiker
5 ml (1 t) sout
1 pakkie (10 g) kitsgis
50 g gesmelte botter en ekstra (ook gesmelt) om oor die brood te smeer vir glans
sowat 300 ml sterk lou water of melk en water gemeng.
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n broodpan.
Plaas al die droë bestanddele in ’n groot mengbak.
Voeg die botter by die lou water en roer die helfte van die mengsel by die meel.
Voeg die res van die water bietjies-bietjies by tot ’n sagte, elastiese deeg gevorm is.
Maak met kleefplastiek toe en laat rus 10 minute op ’n warm plek.
Vorm ’n brood of rol bolletjies en plaas in ’n pan. Laat rys tot die volume verdubbel het.
Bak ’n halfuur tot gaar en tot dit hol klink as daarop geklop word.
Laat effe afkoel in die pan. Keer uit op ’n draadrak. Smeer die gesmelte botter oor vir glans.