Wednesday, 29 January 2014

Waatlemoen-granita



Waatlemoen-granita

Kap 750 g waatlemoenblokkies fyn en druk deur ‘n fyn sif. Vang die waatlemoensap op. Giet in ‘n kastrol saam met 60 ml (1/4 k) lemmetjiesap, 180 ml (3/4 k) suiker en 1 cm stuk gemmer, in skyfies gesny. Bring tot kookpunt en roer tot die suiker gesmelt is. Laat afkoel en dreineer.

Giet in ‘n bak en vries. Krap elke uur om die yskristalletjies op te breek. Skep die ysstukkies in wyebek-glase en sit voor.