Monday, 27 January 2014

Voedsame vingers





Voedsame vingers

 (32 VINGERS)

  • 250 g ligte margarien, kamertemperatuur
  • 125 ml suikerplaasvervanger
  • 4 eiers
  • 250 ml hawermout
  • 125 ml koringkiem (wheat germ)
  • 70 g (125 ml) koekmeel
  • knippie sout
  • 140 g (250 ml) volkoringmeel (nutty wheat)
  • 100 g pekanneute, gekap
  • 375 ml klapper
  • 50 g pistasieneute, gekap
  • 180 ml sjokolade-splinters
  • 120 ml gedroogde bosbessies

Verhit oond tot 180 ºC. Voer ’n rolkoekpan van 30 x 22 cm uit met bakpapier en spuit met kleefwerende
kossproei. Room margarien en suikerplaasvervanger tot lig. Klits eiers een vir een by. Meng oorblywende
bestanddele saam en meng dan in by eiermengsel. Skep in pan. Bak 25 – 30 minute tot gaar en goudbruin. Laat effens afkoel. Sny in vingers. Verlaag hitte na 100 °C en droog vingers uit vir 30 minute.