Monday 13 January 2014

RYSPOEDINGS




RYSPOEDINGS

JY BENODIG
2 koppies melk
½ koppie suiker
knippie sout
saadjies van 1 vanieljepeul
½ koppie witrys
fyn kaneel
skyfies vars vrugte
METODE
Verhit melk, suiker, sout en vanielje in kastrol. Roer rys by en laat prut oor lae hitte tot rys sag is (ongeveer 50 minute). Skep in 6 gesmeerde oondvaste bakkies (‘ramekins’), bedek met foelie. Bak in oond vir 15 minute. Laat afkoel en bedien in bakkies of keer uit op bordjies. Sprinkel liggies met kaneel en garneer met skyfies vars vrugte.