Sunday, 26 January 2014
Mynhardt en Tiaan se Soetpatat pantoffelbrood en gerookte snoek viskoekies
Soetpatat pantoffelbrood en gerookte snoek viskoekies bedien met ouma se korrelkonfyt Voorbereiding: 30 min voorbereding en 30 min rys
Soetpatat brood
• 500g brood meel
• 10g gis
• 1tl sout
• 2tl suiker
• 200 - 250ml water
• 250ml soetpatat puree
Meng alles saam in 'n menger met die spaan tot die deeg van die kante af wegtrek.Laat rys tot dubbel in grootte en steek af met skraper in brood
vorms. Plaas op ‘n gesmeerde bakplaat en laat verder rys vir 20 minute of tot verdubbel. Bak in 'n baie warm oond teen 200 grade tot ligbruin, bros en gaar. Hierdie vat bietjie oefening, maar sodra jy dit reg kry sal jy elke sondag broodbak!
Snoekkoekies
• 700g ontbeende, gerookte snoek
• 300g kapokaartappels
• 1 heel eier
• So handvol broodkrummels
• ‘n handvol fyngekapte pietersielie
• Gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
• 2 eetlepels botter
• 2 eetlepels olie
• Sout en peper na smaak
Meng alles bymekaar en laat mengsel vir 20 minute rus. Vorm klein koekies, so 3cm x 1cm en braai in matige pan met olie en botter tot gaar.