Yolande Roelofse Lange
DIS TYD VIR 'N VETMAAK RESEP MILO KAASKOEK EN MILO MALVA POEDING MILO KAASKOEK
Tertkors 200g tennisbeskuitjies, fyngemaak
60ml milo
125ml gesmelte margarine
Maak ‘n krummelkors en voer ‘n tertbord daarmee uit en verkoel tot benodig.
2 houers (250g elk) geroomde maaskaas (marscapone kaas kan ook gebruik word, net meer ryk)
1 blik kondensmelk
20ml gelatine
30ml koue water
100ml kookwater
250ml room, verkoel
200ml milo ekstra milo om oor te sif
Klits maaskaas en kondens...melk effens saam. Sprinkel gelatine oor koue water. Laat tot sponserig, giet die kookwater by en roer tot opgelos. Voeg by die maaskaasmengsel en meng deur. Klits die room en milo saam tot styf en vou by die kaasmengsel in. Giet in die tertkors en verkoel oornag, tot stewig. Sif ekstra milo bo-oor. Lewer ‘n middelslag tert.
MILO MALVA POEDING
Klits saam in mengbak:
250 ml suiker
20 ml sagte botter 1
groot eier.
Meng saam:
275 ml bruismeel
5 ml koeksoda
kwart t sout
100 ml milo.
Meng 2
50 ml melk
10 ml asyn
10 ml vanilla geursel.
Meng om beurt met meelmengsel by eiermengsel. Gooi in gesmeerde oondbak en bak by 180 C vir 30 tot 40 minute tot gaar.
Gooi volgende sous oor.
Smelt in kastrol:
100 gram blok milosjokolade
125 ml room
160 ml melk
30 ml botter
80 ml milopoeier
Gooi oor gaar poeding en bedien met roomys of room.