Tuesday, 28 January 2014

Badkamer Raad




EMALJE BAD:

• Gebruik ´n mengsel van peroksied en Engelse sout vir watervlekke & roes aan ´n emaljebad.

• Was met skoon Parafien.

• Verwyder geel merke van ‘n emalje bad, meng Silvo of Braso by Vim poeier of Handy Andy en skuur vlekke.

• Sout en terpentein of parafien.

• Verwyder ‘n lelike bruin ring in die bad deur Zebb oondskoonmaak middel. (Moenie op gekleurde porselein baddens gebruik nie)

• SWART bottel HARPIC. Wend aan en laat vir 'n paar ure of oornag staan. Was af en bad is skoon! (Trek net handskoene aan)

TOILET:

• Om hardnekkige water vlekke in bak uit te kry kan 3 koppies asyn ingegooi word en gelaat word vir ‘n paar uur. Borsel en spoel.

• Bruin water vlekke kan maklik verwyder word deur die toilet met koeksoda te sprinkel, laat staan vir ‘n ruk, gooi wit asyn in, laat staan vir nog ‘n ruk en skrop.

• Om ‘n gevlekte toilet skoon te maak is swembadsuur of chloor in toilet gegooi word en gelaat vir ‘n ruk. Skrop en spoel.

• Maak 'n stywerige pasta van wynsteensuur en water of asyn aan en smeer kolle, of gooi hele pakkie in toilet en laat staan 'n paar uur, voordat die kolle afgeskrop word.

• Gooi ‘n blikkie Coke in die toilet en laat staan vir ‘n uur. Spoel die toilet en jy sit met ‘n sprankel skoon toilet.

• Gooi Jik of enige bleikmiddel in jou toiletbak om van hardnekkige vlekke ontslae te raak.

• Maak pasta van suurlemoensap en boraks (supermarkte of apteke) en smeer aan vlekke. Laat ‘n paar uur staan, borsel vlekke met ‘n harde plastiese borsel en spoel toilet. As vlekke nie heeltemal uit is nie, vryf die merke dan met wit asyn.
• Gooi 2 kop swembadsuur in bak en laat oornag staan.

• SWART bottel HARPIC. Wend aan en laat vir 'n paar ure of oornag staan. Was af en toilet is skoon.

• Sny n koekie blou bingo-seep in 4 stukke. Sit een stukkie op n slag in die watertenk van die toilet.Dit skuim lekker en maak toilet skoon.


ROES VLEKKE:

• Druk 'n suurlemoen met skil en al pap op die roesmerke in 'n bad en laat dit so lank as moontlik aan.

• Gebruik gelyke dele wynsteensuur en sout om roesvlekke of kolle uit te haal.

• Gebruik 'n mengsel van peroksied en engelse sout vir roes aan 'n emaljebad.

• SWART bottel HARPIC. Wend aan en laat vir 'n paar ure of oornag staan. Was af en roesmerke is weg!


VLEKVERWYDERAAR:

(Verwyder harde water vlekke op Chrome toebehore in badkamers, storte en kombuis.)

1 kop warm water 1/2 kop bak soda 1/2 kop waterstof peroksied

Meng alles en hou in sproei bottels.

Behandel vlekke “Spot treat” en week oornag


VERSTOPTE AFVOERPYP:

• Om verstopte afvoerpype weer vry te laat vloei gooi jy ‘n kwart koppie koeksoda in die uitloop. Gooi ‘n halwe koppie asyn agterna en plaas die prop terug. Wag 15 minute en gooi 4 liter kookwater in.