Tuesday 12 November 2013

Souttert




Susan Fourie Maré

Souttert

3 blikke Bull Brand Boeliebeef

1 kg Enterprise Viennas (ek gebruik slegs die smoked viennas) maar jy kan die rooies ook gebruik
2 groot blokke cheddar kaas (ek skat die grootte so 15x9x5cm) skuus, geen idee van gewig, ek vat al blokke toe oe van die rak af, na 35jr se bak)

3 med uie, fyn gekap
Halwe wit brood, korsies af (korsies gebruik ek weer vir my ongelooflike broodpoeding)
1 liter melk
4 hoogvol eetl margarine
8 geklitste eiers
Sout, peper, pietersielie en paar druppels Tobasco sous na smaak.

Druk beef fyn met aartappel masher, sny viennas in fyn ringetjies en rasper kaas op growwe rasper. Alles saam in groot mengbak. Voeg rou gekapte uie by. Vou liggies deurmekaar.
In n aparte beker, maak melk en margarine warm in mikrogolf oond, net tot al die margarine gesmelt het. Breek die brood in klein stukkies in die melk mengsel en roer deur tot sagte pappery.
Strooi sout, peper, ens oor die beef/kaas mengsel. Gooi nou die brood pap by die beef mengsel en dan die geklitste eiers. Meng goed deur en bak in gesmeerde panne van jou keuse @ 180 vir 35min.

Kan as ete saam met slaai, n souttigheid vir n werks verjaarsdag, ens gemaak word. Dis voorwaar n treffer resep en vries ongelooflik goed vir daai onverwagse kuiergaste.

My kerstafel is nooit sonder n souttert nie.