Elize van Vuuren
Perskehoender: 1,5 kg hoenderstukke; sout & peper; kookolie; 1 blik (410g) perskeskyfies; 250ml lemoensap; 125ml appelsap; 25ml bruin suiker; 2ml mosterdpoeier; 2ml fyn gemmer; 1 groot ui gekap.
Geur hoender met sout & peper en braai tot goudbruin in warm olie.
Dreineer perskes en verhit stroop in groot kastrol waarin hoender gekook gaan word.
Plaas gebraaide hoenderstukke hierin en kook solank terwyl ander stukke nog braai.
Kook terselfdertyd in aparte kastrol die perskeskyfies, lemoen- en appelsap, suiker, mosterd en gemmer 5-10 minute saam.
Braai ui in dieselfde olie waarin hoender gebraai is, dreineer en gooi ui oor hoenderstukke.
Gooi lemoensapmengsel bo-oor, sit deksel op en kook +- 'n uur of tot sous dik en nie te veel weggekook is nie. 6 porsies (Huisgenoot Wenresepte) Lekker eet.