Friday 15 November 2013

Koeksusters




Lourens de Lange

250 g koekmeel
20 ml bakpoeier
3 ml sout
30 g botter
125 ml water
olie vir braai


Stroop:
1 kg suiker
500 ml water
2 stukke gemmer, gekneus
knippie kremetart
knippie sout
gerasperde skil en sap van 'n halwe suurlemoen

Plaas al die bestanddele vir die stroop in 'n pan en bring stadig tot kookpunt sonder om te roer. Kook vir vyf minute. Verwyder van hitte en verkoel in yskas.

Sif al die droë bestanddele vir die koeksisters saam en vryf die botter in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Meng met water om 'n sagte deeg te vorm. Knie vir 10 minute. Bedek met 'n klam lap en laat staan vir 15 minute.

Rol tot 'n dikte van 5 mm en sny in 5 mm wye stroke. Pers die punte van die stroke saam en vleg tot 'n lengte van 8 cm. Pers die punte saam.
Diepbraai die koeksisters tot goudbruin, dreineer op papierhanddoek en doop dan in die koue stroop. Die stroop moet asseblief nie warm raak nie.

Heerlik om te eet saam met 'n glasie soetwyn.