Wednesday 20 November 2013

Gestolde Wortelslaai




Gestolde Wortelslaai

1 blik (440g) pynappel, fyngemaak
1 pakkie suurlemoenjelliepoeier
½ k witsuiker...
knippie sout
2 k geskilde wortels, fyn gerasper
½ k room
geelwortelrepies, pynappelstukkies en pietersielie vir garnering

Dreineer die pynappel en vul die sap met water aan tot 250 ml. Verhit tot kookpunt en los die jelliepoeier daarin op. Laat dit afkoel tot dik, maar nie styf gestol nie. Klits die dik jellie tot romerig, Klits die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng die gedreineerde pynappel en wortels en vou dit liggies by die jellie in. Klits die room tot styf en vou dit ook by die mengsel in. Spoel 'n middelslag-slaaivorm met koue water uit. Gooi die slaaimengsel daarin en plaas dit in die koelkas om te stol.

Om te ontvorm – druk die boonste rand van die slaai versigtig van die vorm los. Hou die vorm 'n paar tellings in warm water. Plaas 'n slaaibord oor die vorm en keer dit om sodat die slaai op die bord kan uitgly. (As dit steeds aan die vorm vaskleef, hou dit onderstebo en druk die rand liewer versigtig met die vingers sodat daar lug tussen die slaai en die vorm kom.) Garneer die slaai soos verkies. Hou dit in die yskas tot net voor opdiening