Friday, 25 October 2013

Vleisbroodjie




Vleisbroodjie
Lewer 6 porsies

250g (1 pak) streepspek
1kg maer beesmaalvleis
60ml (1/4 k) olyfolie
1 ui, fyngekap
4 knoffelhuisies, fyngekap
5ml (1t) fyn kruienaeltjies
5ml (1t) rooipeper
5ml (1t) swartpeper
20ml (4t) gekapte vars tiemie
20ml (4t) gekapte vars koljander
20ml (4t) gekapte vars basilie
8 saggekookte eiers

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer ‘n broodpan met aluminiumfoelie uit.
2. Voer die broodpan se boom en kante uit met die spek.
3. Meng die maalvleis, olyfolie, ui, knoffel, speserye en kruie goed.
4. Skep die helfte van die vleismengsel in die uitgevoerde broodpan en maak gelyk bo-op. Plaas die eiers in die middle van die vleis en skep die res van die vleismengsel langs en oor die eiers. Maak gelyk bo-op.
5. Bak sowat 40 minute lank.