Tuesday 8 October 2013

Perskes En Heuning Boudjies





Perskes En Heuning Boudjies

Bestanddele: 

10 - 15 Hoenderboudjies 
250 ml Blatjang 
150 ml Heuning 
100 ml Mayonnaise 
15 ml Kerriepoeier 
1 blikkie Perskeskywe 

5 ml Sout 
Vars gemaalde Swartpeper

Metode: 
Voorverhit Die Oond Tot 180ºc. 

Plaas Hoenderboudjies in 'n Oondkastrol met gepaste dekssel. 

Meng blatjang, heuning, mayonnaise, kerriepoeier , peper en sout saam 
Gooi bo oor hoenderboudjies, sit die deksel op , (gebruik foelie om toe te maak as daar nie gepaste deksel is nie...)
Bak vir 90 min
Haal uit oond, skep oortollige olie af
Sit Perskeskywe tussenin Hoenderstukke bak nou 30 min met deksel af tot mooi goudbruin.
Bedien met heerlike groente