Tuesday 8 October 2013

Mediterreense frittatas




Mediterreense frittatas

 Dis vinnig, dis maklik en die meeste van die bestanddele het jy reeds in jou koskas.

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute...
Baktyd: 15 minute
Oondtemperatuur: 180˚C

• ½ rooi soetrissie, pitte verwyder en in blokkies gesny
• 3 murgpampoentjies, in blokkies gesny
• ’n hand vol gekapte swart olywe
• 100 ml gerasperde cheddar
• 6 eiers, liggies geklits
• 30 ml melk of room
• 10 ml gekapte pietersielie en origanum
• slaai, om voor te sit

1 Meng die groente en olywe en verdeel dit tussen 12 gesmeerde muffinholtes. Sprinkel ’n bietjie kaas oor elkeen.

2 Klits die eiers, melk of room en kruie saam en geur dit goed. Gooi dit oor die groente en bak dit in die verhitte oond vir 12-15 minute of tot dit goudbruin is bo-op. Haal dit uit die oond en laat dit vir ’n paar minute afkoel. Gebruik ’n klein paletmessie om die kante los te maak en die frittatas uit die holtes te kry. Sit warm voor met ’n slaai.