Tuesday, 29 October 2013

CRANBERRY EN KLAPPER KOEKIES




Wilna Dorfling

CRANBERRY EN KLAPPER KOEKIES

250 gr gesmelte margarien ...

500g suiker
3 eiers
1 t vanilla geursel.
halwe t sout
1 koppie Cranberries gedroogde

1 k klapper
500 gr bruismeel
Oond 150° C.
Meng suiker by gesmelte margarien en roer eier, cranberries, klapper, sout en vanilla by. Meng bruismeel bietjie vir bietjie by en meng deur met die hand tot lekker stywe deeg.
Rol in balletjies so groot soos okkerneute en plaas op gesmeerde bakplaat, druk effens platter en bak vir 25 minute of tot mooi goudbruin. Koel op pannetjie en dan afkoel rakkie af en verpak in lugdigte houer.
(Ns. Ek het suiker, botter(geselte) by cranberries in my chopper gesit en bietjie fyner gemaakwant canberries is effe taai amper soos dadels)