Broccoli-en-pastagebak
Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute
BESTANDDELE...
300 g skulpiepasta
15 ml olyf- of avokado-olie
4 repe spek, gekap
1 ui, gekap
350 g gestoomde broccoli
250 ml room
2 eiers, geklits
250 ml bevrore ertjies
125 ml gerasperde Cheddarkaas
125 ml gerasperde Cheddarkaas om bo-oor te sprinkel
METODE
Verhit die oond tot 180°C.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en gooi terug in die kastrol.
Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte. Voeg die spek en ui by, en maak gaar tot sag en effens bruin.
Voeg die gestoomde broccoli by.
Meng die room en eiers in ’n beker.
Voeg die spek en uie, broccoli, ertjies en room-en-eiermengsel saam met 125 ml gerasperde Cheddarkaas by die pasta. Roer goed en geur.
Skep die pasta in ’n oondvaste bak. Besprinkel met Cheddarkaas en bak 20 minute of tot goudkleurig en borrelend.