Wednesday, 17 July 2013

WYSE MANNE SE KRONE EN KONFETI SLAAI




WYSE MANNE SE KRONE EN KONFETI SLAAI

1 k bruinrys
3/4 kp wilde rys
2 k water
2 k rooiwyn
2 k hoenderaftreksel
1 eetlpl bruinsuiker
1 eetlpl tamatie purée
1 tamatie, fyngekap
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
knippie sout
knippie pepeer
kinnipe fyn kaneel
2 eetlpl Griekse jogurt

Konfeti Slaai
1 Engelse komkommer, saadjies verwyder en geskil
2 ferm tamaties, pitte verwyder en geskil
1 eetlpl wyn asyn
1 eetlpl olyfolie
knippie sout
2 eetlpl pietersielie, fyngekap
grofgemaalde swartpeper na smaak

-Verhit alle bestanddele behalwe joghurt in kastrol. Kook oor medium hitte tot al dente, roer af en toe. Verwyder van stoof en roer jogurt by. Proe en geur met ekstra sout en peper indien nodig. Laat afkoel.

-Sny komkommer en tamatie in klein blokkies. Meng met asyn, olie en sout

Om te bedien:

-Skep rys in 200ml vorms of koppies en druk stewig was.
-Keer uit op individuele borde.
-Skep konfettislaai rondom.
-Sprinkel met pietersielie en swartpeper.