Tuesday 2 July 2013

vanilla koek x 2




Sandy Clark Schwartz

4 ekstra groot eiers 375 ml strooisuiker 5 ml vanillageursel 500 ml koekmeelblom 2,5 ml sout 15 ml bakpoeier 125 ml melk 125 ml water 30 ml olie 125 g margarien ,

Metode: Voorverhit die oond tot 180 grade. Spuit twee 24cm-laagkoekpa­nne met Spray & Cook. Klits die eiers, suiker en vanillageursel saam vir ongeveer 5 minute tot romerig. Sif die meel, sout en bakpoeier saam in vou dit by die eiermengsel in met 'n metaallepel. Smelt die melk, water, olie en margarien saam tot net voor kookpunt en roer dit deeglik in bogenoemde mengsel. Gooi die beslag in die koekpanne. Bak die koek vir 25-30 minute of tot gaar en 'n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.


Dianne Ten Haaf
 
Vanilla Sponskoek Resep: Voorverhit oond tot 180 grade. Bestanddele: 3 eiers geskei, 5ml vanilla essence (ek gebruik die een met die pitjies in), 250ml strooisuiker, 60ml olie, 125ml louwarm water, 10ml bakpoeier, 250ml meel. Klits eiergele tot liggeel en amper styf, klits vanilla en strooisuiker by, gooi olie en water by en klits goed. gooi gesifte meel en bakpoeier by bietjies op 'n slag en klits na elke bygooi goed. Gooi uit in koekpan en bak vir 30min. Dit lewer 'n 23cm ronde koekpan half of so 16 cupcakes. As jy 'n hoër koek verlang, verdubbel resep en bak 'n uur lank