Tuesday, 16 July 2013
Suurlemoenmarinade
Suurlemoenmarinade
'n Lekker marinade vir hoender, lam of seekos. 30 ml olyfolie
Skil van een suurlemoen, gerasper
180 ml suurlemoensap
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekneus
3-4 takkies vars roosmaryn, gekap
Sout en vars gemaalde peper na smaak
5 ml mosterdpoeier Meng alles goed saam en verkoel vir minstens 30 minute voor gebruik om die geure kans te gee om saam te smelt. Giet oor vleis, hoender of vis en bedek. Verkoel en marineer vir 30 minute tot 3 uur. Maak gaar soos verlang.