Tuesday, 16 July 2013

SITRUS-MOUSSE




SITRUS-MOUSSE

JY BENODIG
4 eiergele, geklits • sap van 1 suurlemoen • skil van ½ suurlemoen, fyngerasper • ½ koppie suiker • 1 teelepel vanielje-ekstrak • 4 eetlepels dubbelroom • wit van 5 eiers • 5 botterkoekies, gekrummel • 2 teelepels botter, gesmelt

METODE
Klits eiergele en suiker saam. Klits skil, sap en vanielje-ekstrak by eiergele.Verhit in ’n pan en roer aanhoudend totdat mengsel begin verdik. Verwyder van stoof en plaas in mengbak. Laat afkoel en vou dan room by. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou versigtig in by eiergele. Skep in 4 klein glasies en plaas in die yskas vir ten minste 2 ure.Meng krummels en botter saam en skep op elke mousse net voor opdiening.