Tuesday 9 July 2013

MAKLIKE BOBOTIE RESEP

Zahn Koen Hughes
 
MAKLIKE BOBOTIE RESEP

BESTANDELE:
GROEP A
- 20 ml fyn gemmer

- 30 ml sagte bruinsuiker
- 10 ml kerriepoeier
- 15 ml borrie
- 10 ml sout
- 1 ml peper
- 60 ml margarine
- 5 middelslaguie, gekap

GROEP B
- 2 snye wit brood, in water geweek
- 1 kg maer maalvleis
- 150 ml pitlose rosyne
- 60 ml blatjang
- 30 ml fyn appelkooskonfyt
- 30 ml asyn
- 30 ml worcestersous
- 30 ml tamatiepasta

GROEP C
- 375 ml melk
- 2 eiers
- Vars suurlemoenblare of lourierblare

Stoofplaat en oond
Verhit die margarine en uie in ‘n swaarboomkastrol en voeg al die droe bestanddele van Groep A by en braai dit totdat die uie sag is.
Voorverhit die oond tot 180° C.
Druk die water uit die brood uit en roer dan al die bestanddele van Groep B by die uiemengesel in.
Kook vir 20 minute oor 'n lae hitte en roer so af en toe.
Skep dan die mengsel in ‘n gesmeerde oondbraaipan.
Klits nou die melk en eiers saam en gooi dit oor die vleis.
Druk hier en daar ‘n suurlemoen of lourierblaar in die vleismengsel en bak vir 45 minute op 180° C