Friday 12 July 2013

MAALVLEIS KOLWYNTJIES




MAALVLEIS KOLWYNTJIES

500g maalvleis
1ui (fyn gekap)
2 tamaties (fyn gesny)
5ml sout
12,5ml blatjang
12,5ml tamatie sous


Braai maalvleis in bietjie botter tot bruin. Voeg ui by en roer braai verder vir 2 tot 3 minute en voeg res van bestanddele by.

DEEG
250ml melk
125ml olie
2 eiers
250ml bruismeel
5ml aromat
2ml sout

Meng bogenoemde bestanddele tot glade deeg. Smeer kolwyntjie pannetjies en skep 5ml deeg in pan dan 5ml maalvleis en druk effens in met lepel. Bak vir 15 minute in oond van 220grade. Indien kolwyntjie pannetjies groot is word 12,5ml in plaas van 5ml van elk gebruik.