Wednesday, 31 July 2013
Hoenderborsies toegedraai in spek
Hoenderborsies
(4 porsies)
•4 ontbeende hoenderborsies, sonder vel
•250 g strepiespek
•30 ml olyfolie
•300 g klein rosa-tamaties, gehalveer
•2 knoffelhuisies, fyngekap
•sap van halwe suurlemoen
•3 Mediterreense aartappels, geskil en in skywe gesny
•sowat 4 takkies vars tiemie
•sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit oond tot 180 °C.
Draai hoenderborsies toe in spek. Gooi olyfolie in diep oondpan. Plaas hoender in pan en sit pan oop in oond. Oondbraai tot spek bruin word. Sit res van bestanddele in pan en geur met sout en peper. Plaas terug in oond vir sowat 45 minute tot aartappels sag en hoender gaar is.