Friday 5 July 2013

Hemelse Steak en idees

Maryna Olivier

Hemelse Steak
*1kg tenderised steak (sny in stukke)
*Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
*Sny 2 uie in dun skywe
*Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
*Pak lae om die beurt van vleis, uie en mushrooms in 'n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,


1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe metdeksel. Bak vir 60 - 90 min by 160 grade.

Doreen Ladner
 
So easy & SO delicious... cover steak in brown onion soup, wrap it in tinfoil and bake at 180 until it's the tenderness you like - Enjoy
 
Geckozeerust Zeerust
 
Olie, worcester sauce, geen sout ,smeer op vleis laat staan vir 15min en maak gaar op baie hoe temperatuur ...
 
Annelie de Beer
 
Terwyl jy dit op die gewone manier bak, gooi heeltyd suurlemoensap op, dis heerlik.
 
Pieter De Beer
 
as jy die steak lekker sag wil kry, rasper pynappel lekker dik aan albei kante, en los vir 10 minute...nie langer nie!! Verwyder dan die steak van die pynappel, en braai, of bak..