Tuesday 2 July 2013

gemmerkoekie-resepte




2 1/4 koppies koekmeelblom
5 ml koeksoda
10 ml fyn kaneel
5 ml fyn naeltjies
2,5 ml neutmuskaat (ek rasper myne vars)
2,5 ml fyn gemmer
varsgemaalde peper
15 ml vars fyngerasperde gemmer
3/4 koppie ingelegde of gekristalliseerde gemmer in stukkies gesny
1 ml sout
250 ml bruinsuiker
62,5 ml sonneblomolie
1/3 koppie swaelvrye molasse
1 ekstra-groot eier
Gewone witsuiker, vir rol
Verhit die oond tot 180 °C. Voer 2 bakplate met bakpapier uit.
Meng die meel, koeksoda, kaneel, naeltjies, gemmer, sout en peper goed saam in ‘n mengbak. In ‘n aparte mengbak klits die bruinsuiker, olie en molasse vir sowat 5 minute. (Gebruik ‘n elektriese klitser) Verlaag die spoed en voeg die eier by. Klits nog 1 minuut. Skraap die kante van die bak skoon met ‘n spatula en klits nog ‘n minuut. Voeg nou die droë bestanddele bietjie vir bietjie by terwyl die menger loop en klits nog 2 minute. Voeg die gekristalliseerde gemmer en die vars gemmer by. Meng deur.  Gebruik ‘n roomysskepper om bolletjies deeg te skep. Vorm ronde bolletjies met die hand en druk die koekies effens plat. Rol die koekies aan albei kante in witsuiker, plaas op die bakplaat. Op hierdie punt kan jy die deeg sowat 25 minute in die yskas plaas, wat die koekies nog meer sal laat kraak as dit gebak word.
Bak  14 – 16 minute. Roteer die panne halfpad deur die baktyd. Die koekies sal krakerig bo-op lyk. Dis baie sag as dit uit die oond kom, maar die buitekant sal bros raak wanneer dit afkoel. Laat sowat 2 minute in die pan staan en plaas dan op die afkoelrak.