Tuesday 9 July 2013

Gekrummelde Varktjops




Gekrummelde Varktjops

  • 20 g mielievlokkies (cornflakes)
  • 6 (35 g) Pro-Vita-volkoringbeskuitjies
  • 2,5 ml paprika
  • 5 ml droë Italiaanse kruie
  • 4 lende- of kruis-varktjops (± 800 g met vet, ± 640 g met dun lagie vet)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 25 ml koekmeelblom
  • 1 groot eier
  • ± 10 ml olyfolie
  1. Rol mielievlokkies en beskuitjies fyn. Geur met paprika en kruie en hou eenkant op ’n bord.
  2. Sny oortollige vet van tjops af en geur na smaak met sout en peper. Rol tjops in meel, skud oortollige meel af en rol in eier. Bedek die tjops oral goed met krummels en verkoel 30 minute sodat krummels beter kan vaskleef.
  3. Verhit oond tot 180 °C.
  4. Smeer oondpan liggies met olyfolie en plaas gekrummelde tjops in ’n enkellaag daarop. Bespuit die bokant van die tjops baie liggies met olyfolie.
  5. Oondrooster vir 30 minute, draai versigtig met ’n eierspaan om en rooster nog 15 – 20 minute tot gaar.