Wednesday, 31 July 2013

CHORIZO-BROOD




CHORIZO-BROOD

JY BENODIG
200g bruismeel
3 eiers
100ml druiwepitolie
100ml laevetmelk
1 teelepel bakpoeier
¼ teelepel neutmuskaat
½ teelepel grofgemaalde swartpeper
1 chorizo-wors, vel verwyder
2 pere, geskil en in blokkies gesny
METODE
Klits eiers, olie en melk saam. Meng meel, bakpoeier, neutmuskaat en peper saam. Meng by nat bestanddele. Meng pere by. Skep helfte van beslag in ’n broodpannetjie. Plaas chorizo-wors bo-op. Skep res van beslag bo-oor en maak gelyk. Bak in oond teen 180˚C vir 45 minute. Laat afkoel.